Medical Screening Tests

Medical Screening Tests

Gesondheidstoetse vir elke dekade (soos gesien in Beeld, Leefstyl, 13 Mei 2015) / Health Screenings for each decade

Adapted from Health & Happiness by Dr Arien van der Merwe, revised edition 2013

Click here for Health Screenings (Gesondheidstoetse) done at the Healthy Living Space.

English:

Click on download to get a PDF of the document of medical screening tests that are crucial to do in your 20\’s, 30\’s, 40\’s & 50\’s.

[gview file=\”https://drarien.co.za/oldsite/wp-content/uploads/2015/05/Medical-Screening-Tests.pdf\”]

Afrikaans:

Kliek op \’download\’ om die dokument van die mediese toetse wat belangrik is in jou 20\’s, 30\’s, 40\’s & 50\’s, af te laai (soos gesien in Beeld, Leefstyl 13 Mei 2015)

[gview file=\”https://drarien.co.za/oldsite/wp-content/uploads/2015/05/Mediese-Toetse.pdf\”]

 

Beeld – Leefstyl                                  

Woensdag 13 Mei 2015 11:58

Gesondheidstoetse vir elke dekade

(kliek hier vir die oorspronklike artikel) 

health screeningsTeen dié tyd van die jaar is al jou Nuwejaarsvoornemens lank vergete. Yolandi North herinner jou aan die gesondheidstoetse wat nie tot Januarie 2016 kan wag nie.

Om ’n gesonde, aktiewe leefstyl te lei behoort ’n daaglikse gewoonte te wees.

Deur nie te rook nie, of deur op te hou, bewys jy jou gesondheid ’n groot guns.

Volgens die Bonitas- mediese skema is sewe uit tien Suid-Afrikaanse vroue oorgewig – wat beteken dat die gevaar vir diabetes, hartsiektes, niersiektes en osteoartritis aansienlik groter is.

Hou daarom jou gewig dop en herinner jouself dat as jy elke dekade vanaf 20 jaar vyf kilogram aansit, jy in jou 70’s al 30 kg oorgewig sal wees.

Goeie voorkomende gesondheid begin by selfondersoeke wat jy tuis kan doen.

Hou byvoorbeeld ’n ogie op jou sproete, velletsels en moesies.

As jy enige verandering opmerk, moet jy by die dokter uitkom.

Doen ook maandeliks ’n borsondersoek en let op enige knoppe, ’n vreemde uitslag of afskeiding.

“Slegs vyf persent van borskankergevalle het ’n positiewe familiegeskiedenis.

“Daarom bly selfondersoek van borste die beste voorkomende maatreël om vroeg veranderinge in jou eie borste waar te neem,” sê dr. Arien van der Merwe.

“Onthou dat mans ook borskanker kan ontwikkel.”

Wees ook bewus van enige veranderings soos meer bloeding, langer siklusse en baie pyn in jou menstruele siklus.

In ’n ideale wêreld behoort jy dikwels vir al die nodige toetse te gaan (soos in die tabel), maar die realiteit is dat tyd, mediese onkoste en ander beperkings dikwels sake bemoeilik.

Dit is daarom belangrik om jou eie liggaam en jou familiegeskiedenis te ken sodat jy en jou dokter kan besluit wanneer jy die nodige toetse moet laat doen.

Wanneer jou vorige ondersoek, byvoorbeeld jou papsmeer, nie normaal was nie, sal dit nodig wees om meer gereeld vir opvolgtoetse te gaan.

Bereken jou LMI

​Liggaamsmassaindeks (LMI) gee ’n goeie indikasie of ’n mens oorgewig is, maar kenners waarsku dat dit slegs ’n riglyn is en nie akkuraat is vir alle mense nie.

■ Maak só: Deel jou liggaamsmassa in kilogram deur die kwadraat van jou lengte (in meter). Of maak gebruik van ’n gratis app op die internet.

Voorbeeld: As jy 1,58 m lank is en 65 kg weeg, is jou LMI 26,04.

Gesond: tussen 18,5 en 24,9

Oorgewig: tussen 25 en 30

Vetsugtig: 30 en hoër

  • Bykomende bronne: cancer.org, drarien.co.za
  • Wenk: Indien jy nie lid van ’n mediese skema is nie, sal jy by ’n staatskliniek of -hospitaal kan uitvind wat die aanbevole voorkomende toetse vir jou ouderdom is en hoe gereeld die staat elke toets aanbeveel.

Gesondheidstoetse vir elke dekade

 

 

 

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *