Email : info@DrArien.co.za
Phone : +27 (0)12 362 2422

Terugvoer van Suksesvolle Weight Control Clinic

Kliënte 2014

Click here for Feedback in English

Toe ek aan die einde van Julie hierdie jaar by Dr Arien aangeklop het, was ek  na baie innerlike werk uiteindelik weer gereed om die pad na gesondheid en gemak aan te pak. Ek was desperaat op soek na hulp om gewig te verloor, want ek kon nie meer behoorlik funksioneer sonder om gedurig uitgeput en uitasem te raak nie. Ek beoefen Latyns-Amerikaanse dans  en kon daardie passie van my nie meer ten volle uitleef nie, want ‘n dansles was uitmergelend omdat ek nie meer die energie gehad het om die pas vol  te hou nie. Dit was die laaste strooi en ek het die besluit geneem om nie net elke dag by die Healthy Living Space verby te ry oppad werk toe nie, maar ‘n afspraak te maak en iets te doen. Ek het al baie vantevore gewig verloor, maar die wenresep hier is die kombinasie van die program, Suster Nellie se ondersteuning en Anri se PlayFunFitness, wat ek twee keer per week doen. My fiksheid het al tonne verbeter (om nie te praat van my wapperende armvelle wat al die helfte kleiner is nie) en ek snak nie meer na my asem wanneer ek ‘n dansles het nie. Dr Arien, Anri, Nellie en  Dalene, BAIE DANKIE! ‘n Woordeboek het nie genoeg woorde in om te sê hoe dankbaar ek is vir julle hulp en ondersteuning nie. – LL

Hierdie is n dankie briefie spesiaal vir die pad wat Nellie saam met my gestap het om 36 kg te verloor.  Dit het n jaar geneem en was nie altyd maklik nie, maar met haar baie vriendelike weeklikse bemoediging en raad het ek 36 kg verloor! Ek is nog nie klaar nie en sal graag nog n hele paar kilogramme wil verloor. – HK

Baie dankie. Julle gaan altyd in my hart bly. As ek ‘n kansie kry, sal ek ‘n draai kom maak. Julle was gestuur na my deur die Here. Ek waardeur dit baie.– ES

Ek’s ‘n Italiaanse vrou en vandat ek in SA as diplomaat begin werk het, het my gewig toegeneem. Ek moes iewers aanklop vir hulp!  Die natuurlike manier was die metode wat ek wou volg.  Tot my verbasing kon ek genoeg eet en 6.3 kg in 5 weke verloor! Dankie aan‘n fantastiese span. – CC

Ek was eintlik deur my moeder, bekommerd oor my gewig, verplig om aan te sluit as ‘n pasiënt.  Nadat ‘n InBody analise op my gedoen was, was dit duidelik hoeveel vet ek het. Ek het besef dit is nodig vir ‘n dieet.  Met die nodige ondersteuning het ek 5.9 kg verloor in 2 weke.  Ek het baie energie en voel ongelooflik goed.  Dankie aan julle. – RvN

Ek was al op baie diëte en hierdie is die eerste een wat werklik werk en dit is grotendeels a.g.v. die uitstekende ondersteuning en motivering van die span by die Weight Control Clinic – SB

Ek kon uiteindelik my cholesterol en bloedsuiker medikasie stop omdat ek julle wonderlike natuurlike aanvullers en eetplan gebruik!  My bloedsuiker is nou heeltemal onder beheer vir die eerste keer in jare en ek het tonne energie! – BS

My kos drange is eenvoudig weg, my energievlak is hoog en ek voel goed oor myself – dankie WCC. – DE

Ek het begin met die program omdat ek besef het my werk vereis van my om fiks en gesond te wees. Ek het 3.3 kg in die eerste week verloor. – TM

Het binne 7 maande 11 kg verloor. Dit was veral positief omdat die gewigsverlies geleidelik was. Die dieet wat ek nogsteeds volg, is baie voedsaam en ek voel glad nie asof ek myself uithonger nie. Ek kan selfs ‘n bietjie oortree sonder om skuldig te voel. Ek is baie tevrede en voel sommer ‘n ander mens. Baie dankie! – CB

Het September 2013 begin, en het binne 5 maande 24 kg al verloor! Beste geskenk wat ek myself kon gee. Ek is alklaar ‘n ander mens, en het heeltemal ‘n ander uitkyk. – MB

Ek het 96kg geweeg en het sover 5 kg verloor binne die eerste maand. Voor ek hier aangesluit het, het my gewig my depressief gemaak, maar vandat ek hier begin het is ek meer gemotiveerd as ooit tevore – BM

Sover gaan dit baie goed, ek het al 30 kg verloor in 8 maande. Ek eet genoeg en lekker, daar is genoeg opsies. Nellie se ondersteuning help ook baie!!! Die kruie is so effektief dat ek nie eers gewig opgetel het gedurende die vakansie nie. – LdP

Ek het 5.1 kg in 4 weke verloor en dit voel goed. Ek beplan om nog meer te verloor. – TPM

Net `n kort briefie om vir jou dankie te sê vir die hulp om van die oortollige gewiggies ontslae te raak.Sonder jou en julle program sou ek nooit 7.6 kg in 3 weke kon verloor nie! Ek moet sê dit was baie makliker as wat ek verwag het. Ja, mens moet `n bietjie vasbyt, maar nooit het ek gevoel dit was te moelik nie. Die verdere 2 kg om my mikpunt te bereik, behoort gemaklik binne die volgende week afgegooi te word. Baie dankie. Beste groete, AS.

Ek is so bly om julle op facebook te hê. Ek is van September 2013 al by julle, en wil net sê sonder julle fantastiese personeel sou ek dit nie kon doen nie. Julle vriendelikheid, motivering en geduld met my, maak dit vir my so lekker om te kom weeg, al het ek nie verloor nie. Ek het al soveel gewig verloor en voel soos‘n nuwe mens. Daar is nie ‘n plek soos julle nie! Baie dankie vir alles! – MB

Met uithouvermoë en julle ondersteuning, het ek in 6 weke 9.6 kg verloor! Ek voel so goed en trots op myself. – MA

Nellie maak my dag! Sy het altyd ‘n woord van inspirasie, ‘n glimlag van bemoediging. ‘n blink nuwe plan on jou doelwit te bereik. Haar hart le absoluut by haar pasiente, sy gee vir elkeen om! Dankie Nellie! Jy is ‘n ster!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

16 − eight =

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

sitemap