Email : info@DrArien.co.za
Phone : +27 (0)12 362 2422

diabetes cover FA.indd

Hanteer Diabetes en Verwante Gesondheidskwessies

R250.00 incl. VAT

Product Description

Hanteer Diabetes en Verwante Gesondheidskwessies

Kliek hier vir fotos van Dr Arien se boek bekendstelling

Beskikbaar in Engels en Afrikaans

diabetes cover FA.inddNa raming het meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaners diabetes. Wêreldwyd het ongeveer 150 miljoen mense metaboliese sindroom (wat diabetes insluit) en dit dikwels sonder dat hulle dit eers weet …

Suid-Afrikaanse mediese dokter, skrywer en kenner op die gebied van holisties geïntegreerde medisyne, dr Arien van der Merwe, verduidelik in hierdie tydige en maklik leesbare boek:

. wat presies diabetes is, die simptome, en die verskillende soorte – tipe 1, 2 en 3

. wat diabetes veroorsaak, van fisiologie tot emosies

. wat pre-diabetes en insulienweerstandigheid is

. hoe diabetes en metaboliese sindroom verwant is

. hoe diabetes verband hou met hartsiektes, Alzheimers en depressie

. die verskillende soorte medikasie

Sy verskaf praktiese oplossings oor hoe diabetes en verwante kwale bestuur kan word, deur onder meer:

  • leefstylaanpassings – van slaap tot ontspanning
  • die regte oefening, wat interval- en weerstandsoefeninge insluit
  • gesonde eetgewoontes en onderbroke vas
  • die hanteer en bestuur van stres
  • die aanspreek van onderliggende emosionele aspekte

Dr Van der Merwe verduidelik die verband tussen jou liggaam, emosies en siel, en gee raad oor voedselaanvullers en kruiemiddels. Boonop bring dié boek ‘n boodskap van hoop: Diegene met diabetes en metaboliese sindroom se bloedsuikervlakke en verwante simptome kán doeltreffend bestuur word, soms selfs omgekeer word, wat dit moontlik maak om ‘n normale, aktiewe en lang lewe te lei.

 

* Each person is different and results will vary.

Get Your Free eBook!

Our gift to you: Enter your details below and receive Dr Arien's Healthy Living eBook.

Your Name

Your Email


sitemap